Pella, Kalahari 'Visie Uitreik' (8-16 Oktober 2005)
Weereens 'n Hoogtepunt: Soos elke keer die geval, was hierdie uitreik ook 'n hoogtepunt in 14 mense se lewens. Behalwe die gesamentlike tye van gebed en lering, het ons ook uitgereik met die JESUS-Film oor 3 aande. In totaal was 1100 Afrikaanssprekende bruinmense gedurende die vertonings blootgestel aan die evangelie, waarvan 418 gebid het om Christus as Here en Verlosser in hul lewens binne te nooi. Nie minder nie as 287 is opgevolg vir drie aande, en 18 het 'n verdere dissipelskap kursus oor die volgende week bygewoon, waar hulle geleer was in die basiese van Christenskap en getuienis. Hulle was o.a. geleer om hul geloof te kan deel d.m.v. die 'Vier Geestelike Wette' boekie.
Die getuienisse van die groep spreek vanself:
- "Jou goed voorbereide lering, suiwer volgens Gods woord; jou entoesiasme en die energie wat Jesus Christus in jou wakker maak, het my lewe vernuwe. Ook God se plan vir my lewe is weer duidelik. Ek dank jou vir jou toewyding. My gebed is dat die Here jou die krag sal gee om nog baie vir Sy koninkryk in te bring. Groete uit die Klein Karoo." Andrew Bezuidenhout
- "Dit was regtig ‘n groot voorreg vir my om op die Kalahari uitreik na Pella te kan gaan. Wat my in besonder geraak het was die groot aantal mense uit Pella wat kom kyk het na die JESUS-Film. Nog meer verblydend is dié wat na afloop van die film vir Jesus in hul harte ingenooi het. En dan natuurlik die paar wat met die opvolgopleiding sal voortgaan, nadat ons vertrek het. Ek kan regtig vir enige iemand wat lief is vir Jesus, en wat hou van die Kalahari met sy besondere bekoring, aanmoedig om so ‘n uitreik mee te maak." Neels Meyer
- "Jesus het my na die Kalaharie woestyn gestuur sodat ek Hom werklik kan leer ken. Ek het geween oor my 68 verkwiste jare. In die vreemde het Christus my Vrede gegee en my 'n "omgee" hart gegee vir die ongereddes. Hy het Sy wonderlike plan met my lewe bekend gemaak. Ek is ook geleer waaroor die Evangelie werklik gaan. Ten aanskoue van die groot vreugde en dankbaarheid van Pella se mense wat vir die eerste keer vir Jesus aangeneem het, het ek die oneindigende Liefde van God en Genade van Christus ervaar. Christus het my gehoorsaam gemaak aan sy Groot Opdrag "om dissipels vir Jesus te maak." Ek vertrou nou vir God in alles in my lewe en maak Fil 4:13 my eie. "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee". Ek dank en loof die Here vir Pieter Brits en die ander 13 van die groep wat my geleer het hoe om die Here se saad te saai en diensbaar vir die Here se Koninkryk te wees. Hierdie uitreik is nie die einde nie maar die BEGIN." Jan Eloff
- "Baie dankie dat jy my saam genooi het op hierdie Kalahari uitreik. Dit was vir my Geestelik ‘n wonderlik verrykende ervaring. Die gesels, saam bid, saam werk, saamstem en verskil met ander gelowiges was beslis vir my ‘n verdiepende ondervinding. Om die geleentheid te kon hê om van jou eie geloof rekenskap te kon gee en teenoor vreemde mense te kon getuig dat God hulle lief het en ‘n wonderlike plan vir hulle lewe het. Piet weereens baie dankie vir die geleentheid om te kon saamgaan en vir die baie jare van vriendskap. Mag die God van alle genade jou dra in jou bediening en mag daar veel vrug op jou arbeid wees. Ek dink baie aan jou en jou gesin, en dat die Here jou die wysheid sal gee om jou verhouding met jou vrou reg te kan hanteer sodat jy wonderlike vreugde in jou huwelik mag ervaar. Jak1:5" Barry Smith
- "Being my 10th outreach with CCC JESUS-Film, I once again experienced the transforming power of God. The training is always new, exciting, surprising and leads one into a lifestyle of rich rewarding faith, love, and purposeful living." Sarel Swanepoel
- "Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon ek regtig ervaar hoe God net weer in my 'n passie kom losmaak vir mense – dieselfde tipe compassion wat Jesus vir mense gehad het. My hart is aangeraak deur elke persoon wat ek die voorreg gehad het om te kon bedien. Nogmaals baie dankie. Dis 'n besonderse week wat ek nooit sal vergeet nie." Suné van Heerden
- "Baie dankie vir die verrykende ondervinding met ons besoek aan Pella. Dit was opnuut vir my verstommend om te sien hoe ontvanklik mense vir die evangelie boodskap is. Dankie ook vir die opleiding oor ware aanbidding en lofprysing - dit was uiters verrykend." Tinus Brits
- "Ons is terug by die werk met sy probleme en baie jammer dat die uitreik klaar is. Dit was werklik ‘n belewenis wat ons nooit sal vergeet nie. Ek het baie geleer wat ek sal kan toepas en oordra aan ander. Ons sal definitief weer saam met julle wil gaan. Die kos was uit die boeke en ons is baie bederf. Bedank asseblief weer vir Wynand en Hester. Ons het baie spesiaal gevoel." Ivan & Carla Pike
Elke Mei en Oktober maak ons weer so. Stuur maar die name, ek sal dit solank op leêr plaas. (Dit is belangrik dat ons solank 'n idee moet kry van wie saam gaan, aangesien ons vroegtydig die regte kampe moet identifiseer.)
Bespreek onmiddellik: Slyp nóú al jou tande vir die Mei 2006 uitreik na die Nasionale Kruger Wildtuin. Bespreek so gou moontlik om sodoende jou plek te verseker. Alles tot die uitvoer van die Groot Opdrag!
Sien Pella, Kalaharie Visie Uitreik fotos A.
Sien Pella, Kalaharie Visie Uitreik fotos B.
Sien Pella, Kalaharie Visie Uitreik fotos C.
Sien Pella, Kalaharie Visie Uitreik fotos D.
Back to Vision Trips.
Back to top.
Contact Pieter: pieter at hope365 dot co dot za
or 082 469 6724