Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Garies "Visie Uitreik" (7-15 Mei '05)

Iets om vir altyd te onthou: Soos al die vorige uitreike van hierdie aard, was hierdie een ook iets om vir altyd te onthou. Veertien opgewonde Christene het verseker dat hierdie week in die Kalahari, (7-15 Mei '05) in die boeke van die hemel opgeskryf is as 'n oorwinning vir Christus. Behalwe die gesamentlike tye van gebed en lering, het ons ook uitgereik met die JESUS-Film oor drie aande. Honderde Afrikaanssprekende bruinmense het dit bygewoon, en meer as 20% van hulle het 'n keuse vir Christus gemaak, (ten spyte van koue aande). Philip & Hanna Botha het die daaropvolgende twee weke hierdie Christene opgevolg & opgelei in die fondasie van Christenskap en getuienis, alvorens hulle aan die plaaslike kerk se sorg oorgelaat is.

Die Here het voorsien: Nadat ek 'n paar weke gelede met afwagting gevra het vir donasies ten gunste van 'n nuwe Christen wat nie self kan betaal nie, het daar so baie geld ingestroom, dat ons uiteindelik vir drie persone kon help met fondse. Daar het ook 'n bietjie oorgebly, wat ons nou net so kan oordra na ons Oktober uitreik.

Die getuienisse van die groep spreek vanself:

Bespreek onmiddellik: Slyp nóú al jou tande vir die Oktober uitreik, en indien enigsens moontlik, bespreek onmiddellik om jou plek te verseker, en sodat ons solank nou al vir jou kan begin bid; dat die Here die pad voor jou sal gelykmaak. Alles tot die uitvoer van die Groot Opdrag!

Sien Kalaharie Visie Uitreik fotos A.
Sien Kalaharie Visie Uitreik fotos B.
Sien Kalaharie Visie Uitreik fotos C.


Back to Vision Trips.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724