November 2005
Liewe Ondersteuner en Spanmaat,
Ook hierdie jaar is besig om vreugdevol ten einde te snel.
Negentien jaar gelede het ek en Magdaleen, as groentjies, deel van die voltydse sendingspan van Campus Crusade for Christ geword. Soos al die vorige jare, het ons weereens honderde mense vanjaar die geleentheid gegee om die knie voor Jesus te kon buig.
Met ons kinders gaan dit goed: Kobus is in die hoërskool, Daleen is eerstejaar by UP en Peet het voltyds begin werk.
Ons sê dankie vir jou aandeel in ons span, dit het ons verseker vanjaar gehelp om die wa deur die drif te trek. Ons sê nie net dankie vir die finansies nie, maar veral vir die gebede, waarsonder ons nie so effektief kon wees nie.
‘n Paar van die jaar se hoogtepunte was o.a:
- Kalahari Visie uitreik - Mei & Oktober
- Interaktiewe Volwasse Opleiding - by nie minder nie as 5 geleenthede vir 'n week telkens
- GCMT Evangelisasie en dissipelskap opleiding - by 4 geleenthede
- Elke beskikbare Woensdag - 2 ure opleiding en 3 ure uitreik in Rustenburg. Hier het ons span nie minder nie as 379 mense in 298 huise besoek, waarvan 298 'n keuse vir Jesus gemaak het. In totaal kon ons 112 van hierdie mense opvolg.
- Besoek verskeie JESUS-Film areas en doen strategiese beplanning met die mense
- NLC leirskap beraad - by 2 geleenthede (5 dae elk)
- Deel van CCC se leirskap span wat elke tweede week vir die hele dag saam besluite moes neem
- As leier van die Expansion Ministry, het my span gereeld saam gebid en beplanning gedoen.
Back to news.
Back to top.
Contact Pieter: pieter at hope365 dot co dot za
or 082 469 6724