Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Junie 2005


Liewe Ondersteuner en Spanmaat,

In die 19 jaar wat ons voltyds in die bediening by CCC staan, het ons nog nooit die Here se seëninge so kragtig ervaar soos juis in hierdie laaste jaar nie. Ons ervaar dat die Here voor ons uitloop en ons paaie gelyk maak. Ons weet dit is ook a.g.v. jou, as ons spanlid, se getroue gebede.

Ons sê dankie! Ons weet die Here sal jou seën!


Ons gebed aan jou:

Abraham het aan sy kneg gesê dat die Here Sy engel saam met hom sal stuur, waar hy 'n vrou vir Isak moes gaan soek, aangesien hy, Abraham, naby die Here leef.

Volgens Genesis 24:40 wil ek vandag ook die Here vra om Sy engel saam met jou en jou dierbares te stuur, omdat jy naby Hom leef.

Pieter


Comrades Marathon

Magdaleen pak weer op Donderdag, 16 Junie, saam met 14 000 atlete die lang pad van Pietermaritzburg na Durban aan. Die 89km verg uithouvermoë en vasbyt!

Sy samel ook terselftertyd fondse in vir Shiloh, Huis van Veiligheid vir kinders. (Kontak haar gerus indien jy graag meer wil weet, of 'n donasie vir die kinderhuis wil gee.)


Rustenburg & Eersterust

Met die nuwe pos wat ek sedert Januarie by Campus Crusade for Christ vul, as die Nasionale Koordineerder van die 'Expansion Ministry', is dit my verantwoordelikheid om benewens JESUS-Film aktiwiteite, ook die 'Church Resource' bedieninge in SA te mobiliseer.

Om net raad te gee, is verseker nie genoeg nie, daarom het ek met 'n persoonlike aksie in Rustenburg begin. Oor 'n naweek het ons 35 Geestelike leiers opgelei in 'n 1e van 5 modules wat gaan oor evangelisasie en geestelike groei. Uit hierdie mense het ons 8 dissipels gekies wat nou weekliks elke Woensdag saamkom vir nie minder nie as 7-8 uur per slag:

Na afloop van hierdie 8 maande siklus vertrou ons die Here vir 32 nuwe dissipels uit die eerste teikengebied, waarmee ons die volgende siklus kan aanpak. Die bestaande dissipels sal op daardie stadium die opleiers wees. Dan gaan ons in 4 nuwe teikengebiede werk, om sodoende 16 000 mense oor die volgende 8 maande mee te bereik.

Eersterust

So kragtig werk die Rustenburg 'Church Resource' bediening, dat ek dit ook in Eersterust, net buite Pretoria, gaan dupli-seer. Ons het reeds einde Mei 15 dissipels begin oplei.

Sien Rustenburg Dissipelskap fotos.


Stompneusbaai JESUS-Film uitreik

Gedurende die naweek van 22-24 April het ek die geleentheid gehad om saam met 'n JESUS-Film vriend van Kaapstad, Louis Bosch, vir James de Jager in Stompneusbaai te gaan help met 'n uitreik in Paternoster. Hierdie was 'n ervaring wat ek nog lank sal onthou.

Sien Stompneusbaai JESUS-Film uitreik fotos.


Kaapstad Interaktiewe Volwasse Opleiding

Die week na Stompneusbaai, het ek direk ingeval in Kaapstad, waar ons Interaktiewe Volwasse Opleiding aangebied het. Magdaleen het intussen ingevlieg vanaf Johannesburg, om by my te kom aansluit en te kom help.

Sien Kaapstad Ineraktiewe Valwasse Opleiding fotos.


Sakemanne Ontbyt

Meer as 'n jaar gelede het ek 'n Sakeman Dissipelskapgroep in Pretoria Noord op die been gebring. Hierdie groepie, wat wissel van 'n advokaat tot 'n bouer, het regtig van krag-tot-krag gegroei en al hoe meer die behoefte ervaar om uit te reik na 'n verlore wêreld daar buite.

Nadat ek die geleentheid gehad het om die manne te leer hoe om hul geloof te deel, het ek hulle o.a. een-een saamgeneem na Eersterust, waar ons dan fisies aan huise se deure geklop het en mense na die Here gelei het. Op so 'n wyse het ons uitgereik en op 'n praktiese wyse siele vir Christus gewen. Waar die manne aanvanklik baie bang en negatief was, het hulle selfvertoue gou toegeneem.

Die manne het verder gevoel dat ons as groep op 'n gereelde basis ook nog verder betrokke moet raak, deur Sakeman Ontbyte aan te bied.

Sien Sakeman Ontbyt fotos.


Back to news.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724