Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Wat ‘n voorreg om saam met jou betrokke te wees in die uitvoer van die Groot Opdrag in hierdie geslag.
Nadat ek vir die laaste 4 weke elke Maandag aand ‘n kursus bygewoon het, oor die aspek van Finansiele Vryheid, het dit my werklik gepla, en ek het die gevoel gekry dat mense soms te veel op sekere Bybelse waarhede klem lê, terwyl ander dalk ’n bietjie oorgesien word.
Groot vrede het ek ervaar nadat ek Matt 6:33 deurdink het, naamlik dat ons eers ons moet beywer vir die Koninkryk van God, want dan sal Hy ons ook al die ander dinge gee.
Dit gaan dus oor ‘n daaglikse verhouding met die Here. Die Here is geinteresseerd in my daaglikse WANDEL met Hom.
Dit is ook vandag my en Magdaleen se gebed vir jou, naamlik dat jy jou sal beywer vir die Koninkryk van God, en dat God dan al die ander dinge ook aan jou sal gee.
Romeine 14:17 sê dat die Koninkryk van God nie ‘n saak van EET en DRINK is nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.
Campus Crusade, as dinamiese organisasie, se leierskap is besig om groot personeelskommelinge in die organisasie te doen, en ook ek en Magdaleen word direk daardeur geraak.
Eerstens wil ek net verduidelik dat CCC uit drie bene bestaan, nl: Kampus bediening onder die studente, Besigheids bediening onder professionele- en sakemanne, en laastens die Kerk Mobiliserings bediening (of Church Resource) onder kerke en woonbuurtes in groter areas soos Tshwane, Durban, Kaapstad, ens...
Saam met die Kerk Mobiliserings bediening is daar natuurlik ook die JESUS-Film bediening, wat oor die hele land aktief betrokke is.
Die naweek van 17 - 19 September het bykans twintig JESUS-Film werkers van oral-oor by ons huis bymekaar gekom vir opleiding in kerkplanting en die kartering van gebiede vir effektiewe bereiking van hul teiken-gebiede. Hierdie opleiding was deur Danie Vermeulen van Dawn Africa aangebied.
Die tweede helfte van die naweek het ons die JESUS-Film spanne geleentheid gegee om terugvoer te gee oor die werk in hul gebiede.
Hierdie mense werk baie hard en sekeres van hulle is slegs naweke by hul families, en ons het werklik moeite gedoen om ook so 'n bietjie in hul lewens in te bou. Ons het hulle regtig bederf deur o.a. vleis te braai en Pizzas te eet so tussen die program deur.
Gesellige braai gedurende die JESUS-Film konferensie by ons huis in Pretoria.
Ek en Magdaleen was in die laaste maande, saam met ons ander aktiwiteite, veral gemoeid met die aanbied van Uitkoms Gebasseerde Onderrig onder ons personeel by Campus Crusade for Christ.
Die klem val op die aanpas van lesing styl tydens volwasse onderrig, met meer interaksie tussen die volwasse 'studente' en die fasililteerder.
As sendingbeweging wil ons graag ons personeel op 'n hoë vlak van effektiwiteit hou, veral as dit kom by die aanbied van lesings.
"The Death of the Professor"
Magdaleen besig om 'Uitkoms Gebasseerde Onderrig' opleiding aan te bied.
Tussen 13 - 22 Augustus het 'n Groepie van 11 van ons vroeg oggend vertrek met 'n opleidings uitreik na 'n plekkie in die Noord Kaap: MIER. Mier lê skuins onder die Nasionale Gemsbokpark, langs Namibie se grens.
Die doel van die uitreik was nie net om die kleurlinge van daardie omgewing met die evangelie te bereik nie, maar ook om ons GCT studente (nuwe personeel van Campus Crusade in opleiding) op te lei in die effektiewe aanwending van die JESUS-Film in evangelisasie en opvolg.
Dit het my weereens verstom om te sien hoe God op ‘n kragtige wyse in mense se lewens gewerk het. Nie alleen in die bereiking van die 1600 kleurlinge van daardie vergete gedeelte van ons land nie, maar ook in die harte van ons GCT studente.
Ons het twee klein dorpies; Loubos met sy nie meer as 150 huise, en ook Rietfontein wat so 'n bietjie groter is, bereik. By Rietfontein het ons die stadion in die middel van die dorpie gehuur teen R75 per aand. Al drie die aande was daar so baie mense dat al die sitplekke vol was, en baie mense het langsaan gestaan.
Dit was ook vir my 'n voorreg om my oudste seun, Peet, wat Julie sy studies as programmeerder by UP voltooi het, saam te neem. Dit is vir ons belangrik dat ook ons kinders saam met ons betrokke moet wees in die werk van die Here.
Stiltetyd, vroegoggend op ‘n duin in Mier.
Sien ander foto's A.
Sien ander foto's B.
Back to news.