Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
"Ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan. Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat (julle) in die waarheid wandel."
Met hierdie pragtige groet van Johannes aan Gajus (3 Joh1:2,4), wil ons jou ook groet in die nuwe jaar.
2004 het holderstebolder en met ‘n massa pligte begin. Sommer gou was die Kaap se skoonheid en Stormsrivier se sprokieswoude ver in die agtergrond en moes ons spook om kop bo water te hou met die nuwe jaar se verpligtinge.
Vir die nuwe CCC personeel se opleiding wat ons moet koördineer, moes Pieter ‘n jaarprogram uitwerk vir ongeveer 200 lesings wat hanteer moet word. Vir elke lesing moet daar ook ’n aanbieder gekry word. Dan is daar nog ‘n 10-daagse kultuur uitreik, asook ‘n 10-daagse JESUS-Film uitreik wat ook deel vorm van die kurrikulum.
Daarbenewens behartig hy nog steeds 4 voltydse Jesus-Filmspanne, en is betrokke in die leierskap span van Tshwane. Op Maandag aande gee hy ook gebedsopleiding by ons plaaslike gemeente.
Ons bied ook feitlik elke week lesings aan by die CCC opleidingsentrum en geniet dit baie.
Met ons drie kinders (Peet, Daleen & Kobus) gaan dit baie goed. Hulle werk hard, is lief vir die Here en probeer die reguit pad loop.
Magdaleen leer die studente op ‘n praktiese manier hoe om die Vier Geestelike Wette boekie, as evangelisasiemiddel, te memoriseer.
Gedurende die Desember vakansie het ons nie net kilometers gedraf nie, ons het ook kilometers ver deur die inheemse woude gestap.
Hier staan Pieter voor ‘n reuse Outeniekwa Geelhout boom.
Desember ‘03 op ’n Kersieplaas naby Ceres het ons dit regtig oordoen met takke breekswaar, druplekker kersies om van te kies en te keur.
Hier geniet Magdaleen dit en eet of die kersies van die mark af gaan.
Peet en Kobus op ‘n rots by Stormsrivier, waar ons Desember vir ‘n paar dae gebly het.
Die agtergrond is nie ’n wolk nie, maar ‘n reuse golf wat hoog teen die rotse opslaan.
’n Sekonde later was hulle altwee, asook die fotograaf, druipnat!
Op pad na PE vir ons personeelkonferensie, het die motor al hoe meer geskud en ek kon nie verstaan waarom die pad so sleg is nie. By PE aangekom, sou ons sien dat ons band regdeur altwee die staalbande deurgeskuur het.
Die engele van die Here het ons werklik beskerm!
Enos Phosa & Percy Shabangu, twee van my JESUS-Film werkers wat Januarie ‘04 ons personeelkonferensie by PE bygewoon het.
Percy alleen het in 2003 nie minder nie as 150,000 mense in die Komatiepoort area met die film bereik.
Daleen gedurende die toewydings dinee die laaste aand van die personeelkonferensie by PE.
Sy het regtig ‘n gawe om die dwarsfluit te bespeel. Na slegs twee en ’n halwe jaar se lesse beplan sy om vanjaar graad 7 te voltooi.
Pieter besig met opleiding gedurende die orienteringskursus vir nuwe CCC personeel.
Dit is o.a. ons verantwoordelikheid om vanjaar die 10 maande opleiding van nuwe personeel van Campus Crusade in Gauteng te koördineer.