Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Julie 2004

Geliefde Ondersteuner en Spanmaat,

Opleiding van nuwe Campus Crusade Personeel

Ons gaan steeds voort met die opleidingsprogram van die nuwe personeel. Weekliks is ons bevoorreg om vyf lesings se aanbieding te koördineer. Alhoewel ons nie al die lesings self aanbied nie, is dit ons verantwoordelikheid om te sorg dat dit goed aangebied word, en die regte personeel kry om dit te doen. Ons leer natuurlik self baie hieruit.

JESUS-Film Spanne

My vier JF spanne is geweldig suksesvol in die bediening en bereik maandeliks nie minder nie as 25,000 mense, waarvan meer as 15,000 gewoonlik keuses vir Christus maak en deur die plaaslike kerk, asook die JF span self, opgevolg word.

Dissipelskap Groep, Dinsdag oggende, 5h45

Dit is wonderlik om te sien hoe die professionele- en sakemanne positief op die effektiewe materiaal van Campus Crusade reageer.

Wat veral vir my kosbaar is, is om te sien hoe mense se lewens verander (seker die EEN rede waarom ek na meer as 15 jaar steeds in die bediening staan).


Op foto ‘n paar van ons groepie een Dinsdagoggend 5h45


Leierskap Groepie, Maandag oggende, 6h30

Ons leierskap groepie bespreek tans die boek: "Geestelike Leierskap" van Henry & Richard Blackaby. (Kragtig om die diepte wat in die besprekings na vore kom, te beleef.)

19 Kry Geloofsekerheid

Gedurende ‘n praatjie aan 25 jongmense (bestaande Christene) het dit my verbaas dat slegs 6 van hulle op daardie stadium geloofsekerheid gehad het. Dit was ’n voorreg om op ‘n praktiese en eenvoudige manier aan hulle te kon verduidelik sodat hulle daarna seker kon wees dat indien hulle te sterwe sou kom, hulle reguit hemel toe sal gaan, en nooit weer daaroor hoef te twyfel nie.

Pieter


‘n Droom het waar geword!!


Magdaleen het op 16 Junie 2004 haar 1e Comrades suksesvol voltooi. Hier staan sy baie moeg met die klein, maar welverdiende medalje!!

Agtergrond

Van skooldae af was hardloop nog altyd in my bloed. Na ‘n ernstige motorongeluk in Augustus 2000, en ‘n lang, pynvolle en moeilike tyd van herstel oor 2 jaar, het ek nie gedink ek sal weer begin hardloop nie. Baie mense het gedurende hierdie tydperk vir my gebid.

Desember 2002 het ek egter geestelik en fisies genesing begin ervaar.

As ‘n getuienis van God se genade oor my lewe, het ek Januarie 2003 besluit om te begin oefen vir Comrades en so ‘n lewensdroom te verwesenlik.

Halfmaratons (21km), maratons (42km) en ultras (50km) het gevolg!
3111km later, op 16 Junie 2004, staan ek opgewonde saam met 12 000 atlete en wag vir die skoot om te klap!!

Comrades 2004!

Maandagaand, 14 Junie het ek met die ‘Comrades Trein’ vanaf Johannesburg na Durban vertrek. Ek moet getuig dat alles tuis verkeerd geloop het:

Teen Dinsdagaand, in Durban, het ek van oraloor boodskappe van aanmoediging en seënwense ontvang. Net van my eie huisgesin het ek niks gehoor nie. Te verstane was ek erg teleurgesteld en verontwaardig, maar het niks gesê nie en het vroeg gaan slaap om uitgerus te wees om die volgende oggend dou-voor-dag (3vm) op te staan.

Uit diep slaapnewels hoor ek iets by die deur en iemand skud my wakker aan die skouer. Hier voor my staan Pieter, Peet en Kobus:

Totaal en al stomgeslaan, neem dit my brein en oë ‘n paar minute om te registreer.

Hulle het met die vliegtuig gekom en by my aangesluit! Wat ’n verrassing!!

Dit het my so gemotiveer dat ek i.p.v my beplande 11 ure, net 10 uur 12 min. gehardloop het.

Wat ‘n wonderlike ondervinding!!! Elke tree wat ek gegee het, was vir my ‘n eerbewys aan die genade van ‘n Almagtige en Groot God wie ek aanbid!!

Wat ‘n voorreg om 86,7km te kon hardloop! Ek het elke meter daarvan geniet!! Dankie aan almal wat my ten bate van ‘Shiloh Kinderhuis’ geborg het!

Groete,

Magdaleen


Pieter & Peet saam met Magdaleen
Baie trots op so 'n staatmaker van 'n eggenote & ma!!


Waarop is JOU verhouding met Christus gebasseer?

VYF BASIESE BEGINSELS:

1 Jy moet seker wees dat jy 'n Christen is. (Kind van God)

1 Joh 5:11-13: "En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo."

Ons hoef nie te voel, of dink, of hoop dat ons die ewige lewe het nie.
Ons kan weet omdat dit 'n FEIT is wat gegrond is op die geloofwaardigheid v.d. Woord van God.

2 Jy kan weet dat jou sondes vergewe is.

1 Joh. 1:9 "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig." (ou vertaling)

Weereens hoef ons nie te voel dat ons vergewe is nie, ons is vergewe op grond v.d. belofte in die Woord. Hoekom vra ons dan om vergifnis? Belydenis is nie om vergifnis te verkry nie, ons is reeds vergewe, dit is om God se vergifnis te ervaar.


3 Ons moet weet dat ons met die Heilige Gees vervul (beheer) is, gebaseer op 2 FEITE

Ons word beveel om met die Heilige Gees vervul te wees.

BEVEL: FEIT 1. Ef. 5:18 "Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar WORD met die Gees vervul."

Vervul beteken om oomblik vir oomblik beheer en toegerus te word deur die Gees. God het beloof om ons gebede te beantwoord as ons volgens sy wil bid. Ons kan die Heilige Gees vertrou om ons te vul op grond van Sy belofte.

BELOFTE: FEIT 2. 1 Joh. 5: 14-15 "En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.." (ou vertaling)

Die Heilige Gees woon in alle Christene, maar nie alle Christene is met die Heilige Gees vervul, of word deur Hom beheer nie. Ons kan nie met die Heilige Gees vervul en beheer wees EN ook dieselfde tyd beheer wees deur sonde nie, soos (woede, kommer, angs, vrees, wellus, onvergewensgesindheid ens.) Jy kan deur die Heilige Gees vervul word as jy:


4 Jy moet oomblik vir oomblik begin 'Wandel in die Gees'.

M.a.w. Dit moet nou 'n lewenswyse begin word om in gehoorsaamheld aan die HG te wandel, ooreenkomstig die onderstaande FEIT.

Gal 5: 16 "Maar ek sê Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid v.d. vlees volbring nie." (ou vertaling)

5 Begin getuig in die Gees

Mat.12:34 : "...waar die hart van vol is, loop die mond van oor."

FEIT. Hand. 1: 8 "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle SAL my getuies wees, in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde."

!! BAIE BELANGRIK:

Bid vir ons:


Back to news.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724