Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Pella, Kalahari 'Visie Uitreik' (8-16 Oktober 2005)


Die skerm word opgeslaan en die luidsprekers word so hoog moontlik gemonteer. Hierdie luidsprekers is die beste wat jy kan koop, en die klank kan verder as 'n kilo en 'n half gehoor word. Aangesien die werk wat ons doen so vreeslik belangrik is, maak ons net van die beste apparaat gebruik. Dit kos ons baie, maar is verseker die moeite werd. Ook sommer hiermee, dankie vir jou aandeel in ons bediening!



Die skerm word netjies met velcro aan die pale geheg, om vinnig weer in die donker te kan afslaan, wanneer almal moeg en vaak is. Die span help fluks.



Selfs die elektriese koorde word netjies op katrolle opgerol, om koeke te verhoed. Barry en ander hou hul handig.



Andrew, vat asseblief jou hand weg, ek gaan dit tref, en jy moet ons nog terug bestuur Oudtshoorn toe!



Na afloop van die filmvertoning word almal wat hul harte aan die Here gegee het in groepies opgevolg.



Jy het nou vanaand kind van God geword, jou sondes is vergewe en jy het die ewige lewe ontvang. Kan jy dink aan enigeiets beters wat met jou kon gebeur het?.



Kom ons bid sommer nou en sê vir die Here dankie dat Hy nou in jou lewe gekom het, en dat jy die ewige lewe ontvang het.



Terwyl die span met die ouers en tieners opvolg doen, hou Wynand en Hester die nuut wedergebore kinders besig met opvolg op hulle vlak.



Ons sê totsiens aan Pella, sy mense en die pragtige kokerbome die hele wêreld vol. Miskien gaan jy volgende keer saam. Bespreek sommer nou jou plek - elke Mei en Oktober, 'n 'Visie Uitreik', iewers in die land.


Back to Oct-2005 Vision Trip.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724