Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Pella, Kalahari 'Visie Uitreik' (8-16 Oktober 2005)


Een middag, na ons Bybelstudie en opleiding, het die hele groep met hul 4x4 voertuie oor Pella se berge na die Oranjerivier gery. Alhoewel die JESUS-Film Venture nie 'n 4x4 is nie, het hy hom knap gedra met Pieter agter die stuur.



Tinus neem eers die natuurskoon af voordat ons verder gaan.



'n Klompie van die dapperes het die koel water van die Oranje aangedurf, om reg oor die rivier te swem tot in Namibia.



Nadat ons in die teikengebied aangekom het word daar eers saam gebid vir die aand se verrigtinge.



Daar is nie nou tyd vir speletjies nie, nou moet ons die apparaat opslaan, die son is besig om te sak.



Ivan en Wynand dra fluks aan die kragopwekker. Met 'n uitreik soos hierdie is ons heeltemal selfversorgend, met eie krag, skerm en projekter.



Carla van Koiingnaas, 'n klein myndorpie in die Weskus, is besig om die baie handige projektorstaander op te slaan.



Neels haal die netjies verpakte skermpale uit die sak. Ons uitreike is absoluut geordend, geen wonder die Here seën dit so nie.



Philip Botha en sy vrou Hanna is uitverkoop aan die Here. Vir die laaste vyf jaar gaan hulle elke jaar vir minstens 4-5 maande Noord Kaap toe. Hulle werk elke stadjie van hoek tot hoek deur. Een- of tweekeer per jaar sluit ons by hulle aan met 'n Visie Uitreik soos hierdie.


Back to Oct-2005 Vision Trip.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724