Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Pella, Kalahari 'Visie Uitreik' (8-16 Oktober 2005)


Vier van ons jonger manne hardloop resies; van die een duin na die ander. Watter ontdekking maak ons toe nie daar nie: Hierdie spesifieke duin "BRUL" so hard, dat ons hoendervleis kry. Dit klink soos 'n Harvard vliegtuig wat oor ons koppe verby vlieg.



Moeg teen die duin op en af gehardloop. Hier sit ons en rus, terwyl die son agter ons besig is om vir oulaas te groet.



Die wonder van hierdie ongeskende stukkie duin: Die droë rietjie met sy skaduwee aan die een kant, en die grassie wat deur die wind gewaai is, sodat dit 'n perfekte sirkeltjie reg rondom dit getrek het.



Nee, dit is nie net lekker vakansie hou nie, daar word ook gewerk. Dit is nou Maandag oggend en ons het op Pella aangekom. Na die lesing oor hoe om te getuig, is Barry en Tinus besig om dit prakties met mekaar in te oefen. "As jy dit nie kan doen nie, dan ken jy dit nie ..."



Die eerste aand vertoon ons nie die JESUS-Film nie. Dit is nogtans 'n baie belangrike dag, aangesien ons die middag in die dorpie Pella spandeer. Ons loop van huis tot huis en maak seker dat elke huis 'n 'Every Home for Christ' boekie kry. Hierdie boekie is die evangelie in kort, en ons kry dit gratis van Every Home for Christ, met wie ons in vennootskap is. Ons gebruik die boekie dan ook om as uitnodiging te dien na die JESUS-Film vertonings die volgende drie aande.



Hier bondel 'n klomp mense om Neels om ook 'n afskrif van die 'Every Home for Christ' boekie te kry.



Oom Jan deel gretig uit aan die 'Every Home for Christ' boekies. Sy aangename persoonlikheid trek die mense na hom.


Back to Oct-2005 Vision Trip.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724