Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Pella, Kalahari 'Visie Uitreik' (8-16 Oktober 2005)


Op pad na die Noord Kaap, so 'n vinnige stoppie by Kathu. Die 'Aapbloed' het Suné gedryf om hoog teen die reuse skopgraaf uit te klim.



Vol van verbasing het Tinus, Barry, Suné & Neels in die bek van die skopgraaf ingeklim. Om te dink dat hierdie apparaat diep onder in die aarde in die myne werk.



Nee kęrels, vergeet nou hierdie speelgoed, kom ons eet eers.



Die eerste twee dae het ons by Witsand oorgebly. Hier het ons mekaar beter leer ken en saam dinge gedoen. Van die spanlede klim teen een van die steil duine uit.



Neem bietjie 'n foto, ons is mos moeg. Met hierdie borde het ons teen asemrowende snelhede die duine afgegly. Jy kry nie die bord daar bo nie, jy kry hom daar onder, dan moet jy dit self opdra.



Die Bloubul word gebraai. Vir Hester en Wynand, ons kokke, is dit baie belangrik dat die ouens lekker moet eet.



Na die eerste oggend se Bybelstudie het ons ook individueel vir mekaar gebid. Hier bid ons in diepte vir oom Jan. Oom Jan sę dat Jesus hom na die Kalaharie woestyn gestuur sodat hy Hom werklik kan leer ken. Sy woorde: "Ek ween oor my 68 verkwiste jare.


Back to Oct-2005 Vision Trip.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724