Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Kalahari "Visie Uitreik" (7-15 Mei '05) C


Kiewiet jy sit daar en glimlag, pleks jy vat 'n hamer en slaat die ding in dat ons kan begin siele wen.



Andrew Viljoen besig om die ligtedraad te span. Nico kyk ook waar hy kan hand bysit. Die ligte is verskriklik belangrik vir die opvolg groepies na die tyd.



Hier is Andrew besig om met 'n klompie jong seuns na die filmvertoning te deel. Dit is gewoonlik eers met die opvolg na die tyd, dat die knoop werklik deurgehak word. Mens besef nie hoe gevoelig nuwe baba bekeerlinge vir seerkry is nie. Dit is in hierdie tyd dat die jong Christen warmte en moedersmelk nodig het.



Dolf en Frikkie besig om die luidsprekers te konnekteer. Hierdie mag na 'n klein plastiek luidsprekertjie lyk, maar glo my dit is 'n uiters kragtige meneer. Hierdie twee luidsprekers kos oor 'n R4,000.00 en kan meer as twee kilometers ver gehoor word.



Artus kry die oorhoofse projektor reg. Sekere aande maak ons o.a. ook kragtig van hierdie handige stukkie apparaat gebruik, in die oordra van sekere inligting.



Nuuskierige kinders luister graag na Nico en Andrew na afloop van die film vertoning.



Terwyl die film draai gee ons met tye lering. Vannaand is dit Nico se beurt, en Pieter help gedweë.



Die week in die Kalahari is iets van die verlede en ons is oppad huis toe. Vir oulaas gaan die Venture by die Sani verby. Totsiens tot volgende keer!


Back to May-2005 Vision Trip.


Back to top.
Contact Pieter: or 082 469 6724