Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Artus Malherbe het ander planne, hy soek 'n koeltekolletjie vir sy matras.
Soggens het ons saam stiltetyd en opleiding, maar die middae is die lekker deel so voor ons uitgaan na die teikengebied. Hierdie twee ure word gebruik om alles in te haal wat jy agter geraak het (bid, dink, lees & slaap).
Terwyl Artus lê en mediteer, is Jakes Jacobs besig om sy geloof te deel met die man wat ons voertuie kom was het, vir so 'n ou ekstratjie in die sak.
Sarel, wat soek jy, jy weet dan jy het dit by die huis vergeet!
Nadat ons in die aande by die teikengebied gearriveer het, word daar eers ernstig saam gebid vir die aand se verrigtinge.
Die eerste aand wat die reuse skerm opgeslaan moet word, is daar hopeloos te veel pale. Waar moet alles tog inpas?
Frikkie Pistorius van Woord in Aksie, en 'n paar ander probeer om orde uit die chaos te skep. Frikkie is vandag 'n baie trotse man, hy het so pas verneem dat hy oupa geword het.
Dolf, Kiewiet du Toit & Nico Louw staan baie tevrede terug nadat die skerm uiteindelik vorm aangeneem het, en dit lyk nogal of die ding kan werk.
Hanna staan gereed met 'n gloeilamp terwyl die ander manne die skerm optrek. Ons span 'n lang draad waaraan ons sowat ses gloeilampe hang. Dit kan nogal donker raak in die aande. Die ligte is veral behulpsaam na afloop van die vertoning, wanneer die opvolg groepies begin saamdrom.
Jakes is besig om die penne in te slaan wat die skerm anker. Met klipperige grond is dit nogal 'n kuns om die penne in te kry. Ons sal maar sien wat so 'n oud-kaptein van die polisie kan regkry.