Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Wynand Storm, wat saam met sy vrou Hester die week in die Kalahari vir ons kos gemaak het, is ernstig besig om gou vir ons te reël vir lig in ons tentdorpie.
Hierdie eerste aand by Witsand Nasionale Park, het die manne sommer lekker gesels en gedeel.
Terwyl die ouer gardes kamp opgeslaan het, het die wat nog jonk van gees is die duine gaan afgly. Ek het spesiaal borde gesny en gepoleer vir hierdie operasie.
Hier kom Sarel Swanepoel teen 'n asemrowende spoed die duin af, jy sien net sand waai. Wanneer mens onder kom, is jy totaal verblind met die klomp sand in die oë. Natuurlik geen water om dit mee uit te spoel nie.
Nadat ek so 'n 10 of meer keer die duin op en af was, en naar van moegheid was, het ek vir oulaas sakke vol sand uit my broek gegooi. Ook maar goed daar was nie vrouens saam op die duin nie.
Pieter & Wynand sit om die vuurtjie, terwyl die kooltjies so wil-wil begin warm word.
Philip Botha & Dolf Engelbrecht is besig om Every Home for Christ (EHC) boekies uit te deel. Ons gee aan elke huis 'n boekie en nooi die mense dan uit om die volgende aand die film vertoning te kom bywoon.
Campus Crusade for Christ en (EHC) het 'n vennootskap om mekaar te help in hul onderskeie bedieninge.
Johan Nel groet die mense met 'n hartlike handdruk, gee die EHC boekie, en vertrou die Here dat hulle die volgende aande na die vertoning sal kom. Dit kan dalk 'n laaste keer wees dat hierdie mense 'n geleentheid soos hierdie kry, om die saak met die Here reg te maak.
Onder 'n koelteboom het ek die EHC boekie aan 'n oumatjie en haar drie kleinkinders gegee.
Die boekie het 'n helder en duidelike boodskap van hoe om die saak met die Here reg te maak. Sou hulle dit nie maak na die filmvertoning toe nie, kan hulle tenminste die boekie lees en op so 'n wyse die saak met God in orde kry.
Aai, die wind het my hele tent se dak afgewaai. Arme Hester, sy moet nie net kos maak nie, nou waai hulle tent ook nog weg!