Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Peet sit hoog en droog op 'n yslike vragmotor in Kathu, oppad na die Kalaharie JESUS-Film uitreik.
By 'n vulstasie in Askham, het hierdie gawe kêrel ons 'n geleentheid op sy donkiekar gegee.
Op ‘n informele wyse bied ek JESUS-Film opleiding aan in die dorpie Loubos, in die Mier omgewing.
Die groepie ontspan vir 'n wyle op die droë Hakskeenpan.
Vir nie minder nie as 18 km kon ons in enige rigting jaag, so vinnig as ons wou, op die spiëlgladde stuk aarde.
Met entoesiasme het die groepie deur die strate geloop om aan elke huis 'n 'Every Home for Christ' boekie uit te deel.
Op hierdie wyse adverteer ons nie net die beplande JESUS-Film vertoning van die volgende drie aande nie, maar bring ook die Evangelie in elke huis. Hierdeur verseker ons dat hulle wat om een of ander rede nie die filmvertonings gaan bywoon nie, ook die 'Goeie Boodskap' ontvang.
Aangekom in die teikengebied, bid die span eers saam. Die generator verskaf krag vir die promosiewerk wat nou gaan volg. Mense stroom uit alle rigtings vir die aand se verrigtinge.
Lenie en Pravani span die toue van paal tot paal.
Rondom ons apparaat baken ons gewoonlik 'n gebied af deur toue te span. Soms bestaan ons skare uit duisende mense en dan help dit ons as span om ons werk effektief te kan doen.