Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Voordat ons die JESUS-Film vertoon, lei ons eers die plaaslike kerk deeglik op in evangeliesasie en opvolg. Hierdie opgeleide Christene gaan die nuwe gelowiges na afloop van die uitreik opvolg om uiteindelik tot volwasse Christene te kan groei.
Gedurende die opleiding van die plaaslike kerk vind daar baie praktiese oefensessies plaas.
Elkeen skrop vir hom 'n slaapplekkie, want môre oggend vroeg vat ons die pad na ons volgende uitreik.
'n Groot groep studente op Uitenhage luister aandagtig na die lesings. Bedags doen ons teorie en vanaand pas ons dit prakties toe tydens die uitreik in die woonbuurtes.
Pieter, Sarel en Israel doen saam beplanning in Gariep.
Pieter in aksie:"Julle moet luister en nie sit en slaap nie!"
Die voertuie word gelaai met mense en apparaat.
"Vanaand gaan ons die JESUS-Film wys!"
Pieter stel die projektor tafeltjie se pote gedurende 'n JESUS-Film uitreik in Soshanguve. Omdat die pote afsonderlik gestel kan word, kan die grond maar baie ongelyk wees.
Peet en Flippie besig om die skerm se ankertoue te span - stewig, sodat dit weerstand teen sterk wind kan bied.
Back to JESUS-Film.