Frames | No Frames |
Main Page |
Pieter |
Brits Family |
JESUS-Film |
Ian besig om sy tent op te slaan gedurende 'n groot JESUS-Film opleiding en uitreik in Beaufort-Wes.
Peter van Kimberley het spesiaal vir hom 'n opblaas matras gekoop vir hierdie geleentheid.
Die tentjies is opgeslaan, nou sit almal vir oulaas rustig en gesels. Môre begin die uitreik in volle swang.
Sarel het besluit dit is veel beter om die stoel reg te maak as om die hele week op die grond te moet sit.
Soggens word daar lesings gehou en saans reik ons uit - drie spanne tegelykertyd. Ons doel is om soveel moontlik van die plaaslike bevolking met die evangelie te bereik.
Entrepreneurs besig om 'n stoel te prakseer vir die JESUS-Film uitreik wat oor drie aande in hul woonbuurt gaan plaasvind.
Na afloop van die filmvertoning is een van die spanlede besig om opvolgwerk met 'n kleingroepie te doen.
Tussen die rolle van die film maak ons o.a. van dramas gebruik om die boodskap so duidelik moontlik oor te dra.
Hier word uitgebeeld hoe Satan die mens bind deur sonde. Die evangelis, met die boodskap van Christus, bring bevryding.
Back to JESUS-Film.