NOTE: If you get an information bar (a message just below the address bar) saying "To help protect your security...", right click on the bar and select "Allow blocked contend". This will only be applied for this web-site.
Frames | No Frames
Main Page | Pieter | Brits Family | JESUS-Film
Background | Partner with us | News | Vision | Links

Koerantberig in Overstrand Herald van 27 Julie 2008

COMRADES-HELDIN SE GETUIENIS:







Comrades Marathon: The Ultimate Human Race - Run by God's Ultimate Grace!


Dit is my motto vir Comrades. God se genade oor my lewe en my gesondheid het dit vir my moontlik gemaak om hierdie jaar my 5e Comrades te hardloop.

Toe ek Augustus 2000 my bewussyn herwin na 'n groot motorongeluk, waarin ek eintlik volgens die aard daarvan dood kon wees, het dit 2 jaar van trane, vasbyt en baie gebede gekos voor ek eers weer my tekkies kon aantrek om stadig weer te begin oefen. Desember 2002 het ek my besluit geneem. Die Here se genade oor my lewe is groot. Al die eer aan Hom! Ek gaan Comrades hardloop.
Maande se vroeg opstaan, oefen, hier en daar 'n besering oorkom, oefen, oefen, oefen...

Dan breek die oggend van 16 Junie aan:
Comrades kan jy nie aan iemand verduidelik nie. Jy moet daar wees om dit te ervaar:
Meeste normale mense slaap nog daardie tyd van die oggend. Die strate van Durban wemel van atlete, familie, toeskouers en marshals. Musiek speel. Die reuk van Deep Heat hang swaar in die lug. Die amper heilige atmosfeer terwyl Chariots of Fire speel. Hoendervleis. Stilte. Hoenderhaan kraai. Kanonskoot. Swerms voëls wat verskrik uit die bome vlieg. Die gejuig en opgewondenheid van 11 000 atlete wat vorentoe beur en met net een doel die lang dag na Pietermaritzburg aanpak: "Comrades - my dag - my challenge teen die roete, myself en my uithouvermoë."

Ek kyk na die mense om my terwyl ons tree vir tree die 87km korter draf: alle soorte (lank & kort, groot & klein), alle ouderdomme, alle rasse, alle nasionaliteite, maar almal atlete in siel en gees, wat weet van vasbyt wanneer jy lankal nie meer kan nie.
Ons ken mekaar nie, maar ons hardloop saam... geesgenote... kuier lekker... maak grappies... rek oor die ander ou se kop om 'n sakkie water aan te gee... bemoedig mekaar wanneer die moed en krag begin ingee...
Oor hierdie 87km leer jy jouself ken: swak- en sterk punte. Daar is baie tyd om te dink. Met tye protesteer my liggaam en wil nie verder - die son brand meedoënloos op my neer... voete pyn... baie naar... moeg... my bene wil nie meer...

Die onafgebroke skare toeskouers aan weerskante van die pad lees my naam en moedig my aan: "Mooi Magdaleen!" "You're looking good!" "Jy's amper daar!"
En dan stap ek teen Polly Shortts op. Op. Op. Op. Bo wag die "8km to go" bordjie my in. 8km. So naby, maar so ver...

Naby die stadion dreun die skare se aanmoediging en my moë voete vat outomaties die pas van die handeklap teen die versperringsborde aan weerskante van die baan. Hoendervleis. "Mooi Magdaleen!" skreeu Pieter hier tussen die mense uit. Ek byt vas. Bo my wys die horlosie 11:22. 25. Ek is klaar. Heeltemal klaar.

Dankie Hemelse Vader. U genade is groot.

My 5e Comrades. I've run the Ultimate Human Race by God's Ultimate Grace!!

Magdaleen



Back to Family.


Back to top.
Contact Magdaleen: or 082 469 6724